Hoekom

A website is the only medium of semipermanent communication where you can express yourself. – David Rusenko

Soms raak mens se kop vol woorde en prentjies

en dinge wat skiep-hoppel-en-spring
en dit wil soms net uitbars

en êrens waves gaan maak en die bootjie so effe skut-rukkel-en-pop.

Soms raak mens se kop vol songs en fotos.
En die meeste vannie tyd los mens dit maar daar waar dit is.

In wit en swart en swart en wit.

Vir dit wat dit is.

Maar soms wil jy op die skommelde bootjie sit en Kir Royals drink en been-gevou kyk hoe die waves wat jy gemaak het, orde, balans en perspektief terugbring.

Soos die see van Galilea.

Of twee tarentale op ‘n muur by Babylonstoren.

3D8D8C5C-FFE8-4DC6-94D7-FEE02C007138

Advertisements